2021-10-18

Vlug na Santorini (Afrikaans Edition)

Na ’n traumatiese voorval met haar eks, verlang Erika na ’n ver plek waar mense haar veilig sal laat voel. Sy besluit om rus vir haar siel te gaan soek by haar familie in Santorini. Sy’t skaars haar voete op die eiland gesit toe sy hom sien: ’n Griekse god met ’n lenige lyf, breë skouers en donker oë. Hy is die mooiste man wat sy nog in lewende lywe gesien het, en hy straal manlikheid uit. Paul Michelakis is die kroonprins van die Atlantis-fortuin. Dit gaan egter meer as geld en die vooruitsig op ’n volmaakte toekoms verg om Erika se liefde en vertroue te wen, want sy is nou half bang vir mans. Boonop gaan Cristina Vassiliou en dié se ryk familie ook nie sommer terugstaan vir ’n onbekende blondine nie.


Book Details

Book Title: Vlug na Santorini (Afrikaans Edition)

Book Author: Malene Breytenbach

Book Category: -

ISBN: B07932D951